Atletiek: Tiere neem deel aan die Fisherman’s Friend Strongman Run 2016, Paarl

21 van Tygerberg HS se  leerders het deelgeneem  aan ‘n 14km Obstacle Trail Run deur die Paarl, Paarlberg en Taalmonument en al 21 het die wedloop voltooi!  Wat ‘n ongelooflike ervaring! Baie pret en baie moeë lywe… maar volgende jaar sal ons weer deelneem!

Mnr. Koch vertel dat Jean du Plessis algeheel tweede in die 14km geëindig het, maar hy het sy nommer verloor, so hy verskyn nie op die uitslae nie. Michael Pritchard het algeheel 15de geëindig.

Graag wil ons ook ons borge bedank: Col’Cacchio, Mugg & Bean, Food Lovers Market (Parow), Bitcube Systems, John Thompson Eiendomme, Berbou, en Trade Scales.

Dan ook ‘n dankie aan elke deelnemer vir jul toewyding, aan elke ouer of ondersteuner wat ‘n vervoer-geleentheid verskaf het en oral langs die pad aangemoedig het!

Wonderlike Tieregees. Twee slakke het krampe gekry en mnr. Koch (aka Seabiscuit) het neusie voorgekry!

Leave a Reply